Irannese Rewolusie

Iranse Rewolusie

Betogers in Teheran in 1979.
Datum Januarie 1978Februarie 1979
Ligging Iran
Resultaat
Strydende partye
Vlag van Iran Keiserlike regering
  • Rastakhiz
  • Keiserlike Iranse weermag
    • Keiserlike lyfwag
  • SAVAK
  • Iranse polisie
  • Royaliste
Vlag van Iran Rewolusionêre Raad

Vlag van Iran Islamitiese Rewolusiekomitees
Islamitiese Republikeinse party

  • Iranse Hezbollah
  • Jahad-e Sazandegi

Vlag van Iran Nasionale Front
Vlag van Iran Nasionale Demokratiese Front
Vlag van Iran Iranse Vryheidsbeweging
Tudeh
Fedai
Unie van Kommunistiese Militante
Iranse Volksmujahideen
Ahwazi nasionaliste
Koerdiese nasionaliste
Beloetsji nasionaliste

Aanvoerders
Vlag van Iran Mohammad Reza Pahlavi

Vlag van Iran Jamshid Amouzegar
Vlag van Iran Jafar Sharif-Emami
Vlag van Iran Ali Neshat
Vlag van Iran Nematollah Nassiri
Vlag van Iran Nasser Moghadam
Vlag van Iran Gholam Ali Oveisi

Vlag van Iran Ajatolla Ruhollah Khomeini

Vlag van Iran Ajatolla Mohammad Beheshti
Vlag van Iran Mahmoud Taleghani
Vlag van Iran Mehdi Bazargan
Vlag van Iran Karim Sanjabi
Massoud Rajavi

Ongevalle en verliese
2 781 gesneuweldes tydens die proteste tussen 1978 en 1979.[1][2]

Die Iranse Rewolusie (Persies: انقلاب اسلامی, Enghelābe Eslāmi of انقلاب بیست و دو بهمن) was 'n rewolusie in Iran waarby die diktatoriale, pro-Westerse sjah Mohammad Reza Pahlavi uit die mag verdryf is ten gunste van, uiteindelik, 'n Islamistiese republiek onder leiding van ajatolla Ruhollah Khomeini. Die rewolusie het in twee fases plaasgevind. In die eerste fase het 'n alliansie van liberale, linkse en religieuse groeperinge die sjah verdryf. In die tweede fase, gereeld na verwys as die Islamitiese Rewolusie, het Khomeini die mag oorgeneem.

Die rewolusie het in November 1978 begin, al was daar alvorens reeds uitgebreide proteste. Op 16 Januarie 1979 het die sjah gevlug, al het hy die as 'n lang vakansie voorgewend. Op 1 Februarie het Khomeini uit sy ballingskap in Frankryk teruggekeer en het hy vinnig begin om die pluralistiese rewolusie te vorm na 'n strewe na absolute mag vir die geestelikheid.

  1. (en) "A Question of Numbers" IranianVoice.org, 8 Augustus 2003 Rouzegar-Now Cyrus Kadivar
  2. (en) E. Baqi, `Figures for the Dead in the Revolution`, Emruz, 30 Julie 2003.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search